Tewodros II

Tewodros II
Keiser van Ethiopië
Tewodros II, soos uitgebeeld in Histoire de l'Ethiopie d'Axoum à la révolution.
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 11 Februarie 1855 - 13 April 1868
Volle naam Sahle Dingil
Gebore (1818-01-14)14 Januarie 1818
Gesterf 14 April 1868 (op 50)
Voorganger Sahle Dengel
Opvolger Tekle Giorgis II
Eggenote Tewabech Ali
Tiruwork Wube
Vader Haile Giorgis Wolde Giorgis
Moeder Woizero Atitegeb Wondbewossen

Tewodros II (Ge'ez: ቴዎድሮስ, gedoop as Sahle Dingil; 14 Januarie 1818 - 14 April 1868) was van 1855 tot met sy dood in 1868 keiser van Ethiopië. Hy is as Kassa Haile Giorgis (Ge'ez: ካሳ ኀይለ ጊዮርጊስ kasa häylä giyorgis) gebore en word beskryf as ’n "romantiese avonturier", ’n vaardige vegter, leeuagtig en ’n onselfsugtige idealis. Hy het teen Ottomaans-Egiptiese invallers geveg toe hy jonk was en was ’n soort Robin Hood-karakter; terwyl hy ’n rower teen die tirannieke koninklikes was, het hy van die rykes gesteel en aan die armes gegee. Sy bewind word dikwels beskou as die begin van die moderne Ethiopië en die einde van die gedesentraliseerde Zemene Mesafint ("Era van Prinse").

Tewodros II is gebore in die Era van Prinse, maar hy het drome gehad van ’n verenigde Ethiopië en die hervorming van sy administrasie en kerk. Hy wou die Salomoniese Dinastie se heerskappy herstel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search